Dit gebeur nie baie dat ons ‘n opening het vir nuwe skryfbehoefte bydraers nie. As jy ‘n trou skryfbehoefte ontwerper is en dink jy kan unieke ontwerpe maandeliks aan Mooi Troues verskaf dan is ons opsoek na jou. Lees meer hieronder oor wat presies ons opsoek is na en hoe die skryfbehoefte bydraer proses werk.
SKRYFBEHOEFTE BYDRAER
AANSOEKEWAARNA ONS OPSOEK IS NA
Skryfbehoefte ontwerpers wat
- kreatief is en hul ontwerpe wil blootstel aan toekomstige bruide.
- unieke ontwerpe ontwerp vir Mooi Troues wat esteties inpas by ons estetika.
- digitale uitlegte en die aanlyn publikasie wêreld verstaan.
- iets uniek tot Mooi Troues se bydraer span kan bring.
ONTWERP SPESIFIKASIES
- Alle skryfbehoefte bydraes moet in Afrikaans ontwerp wees.
- Gebruik ‘n jaar vooruit se datum vir skryfbehoefte bydraes. Ons werk op ‘n 6 tot 12 maande publikasie siklus.
WAT ONS NIE TOELAAT NIE
Die volgende sal ons nie toelaat vir publikasie nie:
- Jou kliënte se trou skryfbehoeftes stelle nie, as gevolg van privaatheid.
- Skryfbehoeftes wat voorheen gepubliseer was of deel was van enige publikasie nie.
- Skryfbehoeftes wat in Engels voorsien word nie.
HOEVEELHEID ONTWERPE PER MAAND
Mooi Troues se skryfbehoefte bydraers moet vir ons twee ontwerpe per maand stuur. Jy kan enige een van die onderste opsies kies.
- Opsie 1: 1 x Volle skryfbehoefte stel* + 1 x Gratis aflaaibare skryfbehoefte.
- Opsie 2: 1 x Enkel skryfbehoefte item (byvoorbeeld ‘n spyskaart of ‘n uitnodiging) + 1 x Gratis aflaaibare skryfbehoefte.
- Opsie 3: 1 x Volle skryfbehoefte stel* + 1 x Enkel skryfbehoefte item (byvoorbeeld ‘n spyskaart of ‘n uitnodiging)
* ‘n Volle skryfbehoefte stel moet die volgende insluit: ‘n spaar die datum kaartjie, uitnodiging, naamkaartjie, tafelnommer en ‘n spyskaart.
HOE WIL JY DIT NA ONS STUUR?
Mooi Troues se goedgekeurde skryfbehoefte ontwerpers kan kies tussen twee opsies om skryfbehoeftes vir Mooi Troues te stuur.
- Opsie 1: ‘n Digitale plat lê uitleg van die skryfbehoefte ontwerpe.
- Opsie 2: Jy kan die skryfbehoefte ontwerpe laat druk en dit self afneem.
- Opsie 3: Koerier die gedrukte skryfbehoeftes na ons kantoor en ons sal dit self afneem.
Let wel: Ons sal nie die skryfbehoeftes weer terug stuur nie.