SKRYFBEHOEFTE BYDRAER

ONTWERP SPESIFIKASIES

ONTWERP SPESIFIKASIES

Lees asseblief noukeurig deur die onderste skryfbehoefte ontwerp spesifikasies voordat jy enige ontwerpe begin.

 

  • Alle skryfbehoeftes moet in Afrikaans wees.
  • Moet nie vir ons regte paartjies se skryfbehoeftes stuur nie.
  • Gebruik ‘n jaar vooruit se datums vir skryfbehoeftes.
  • Jy kan ‘n enkele skryfbehoefte item stuur of jy kan ‘n hele skryfbehoefte stel stuur.

HOEVEELHEID ONTWERPE

Mooi Troues se skryfbehoefte bydraers moet vir ons twee ontwerpe per maand stuur.  Jy kan enige een van die onderste opsies kies.

  • Opsie 1:  1 x Volle skryfbehoefte stel + 1 x Gratis aflaaibare skryfbehoefte.
  • Opsie 2:  1 x Enkel skryfbehoefte item (byvoorbeeld ‘n spyskaart of ‘n uitnodiging)  + 1 x Gratis aflaaibare skryfbehoefte.
  • Opsie 3:  1 x Volle skryfbehoefte stel + 1 x Enkel skryfbehoefte item (byvoorbeeld ‘n spyskaart of ‘n uitnodiging)

HOE WIL JY DIT NA ONS STUUR?

Mooi Troues se goedgekeurde skryfbehoefte ontwerpers kan kies tussen twee opsies om skryfbehoeftes by Mooi Troues te kry.

  • Opsie 1:  Stuur vir ons ‘n digitale uitleg deur We Transfer – spesifikasies onder.
  • Opsie 2:  Pos dit na Mooi Troues – adres onder.

SPERDATUM

DIGITALE UITLEGTE:

15 de van elke maand

POS:

12 de van elke maand

 

 

DIGITALE UITLEG SPESIFIKASIES

Maak seker jy lees deur die onderste spesifikasies vir digitale uitlegte voordat jy die uitleg begin doen en dit stuur na ons.  Stuur jou digitale uitlegte deur We Transfer na skryfbehoeftes@mooitroues.co.za voor die sperdatum.  Onder is die spesifikasies vir digitale uitlegte:

  • Digitale uitlegte moet ‘n minimum van 3 000 pixels (80 cm) breed wees. Die hoogte maak nie saak nie.
  • Digitale uitlegte moet 300 dpi wees.
  • Alle digitale uitlegte moet in JPG-formaat gestuur word.
  • Jy moet ten minste 5 verskillende uitlegte per skryfbehoefte ontwerp vir ons stuur met dieselfde agtergrond.
  • Die agtergrond van die skryfbehoeftes moet minimalisties.

POS SKRYFBEHOEFTES NA MOOI TROUES

Indien jy skryfbehoeftes per pos stuur sal ons voorstel jy gebruik ‘n koerier om die pakkie te kom aflewer.  Let wel: Ons sal nie die skryfbehoeftes terug pos na jou toe nie.  Dit sal herwin word.

Mooi Troues
30 Devenish Straat
Prince Albert
Wes-Kaap
Suid-Afrika
6930